Die Voortrekkermonument sal weer op 4 Augustus 2020 vir die publiek open. Besoektye is Dinsdag tot Sondag 09:00 – 15:00. Die Monument sal op Maandae gesluit wees. Bly ingelig oor COVID-19 by www.sacoronavirus.co.za.

Inleiding

Die majestueuse Voortrekkermonument is in die noordelike deel van Suid-Afrika, in die Pretoria (Tshwane)-streek, in ‘n natuurreservaat geleë. Dié unieke Monument gedenk die pioniersgeskiedenis van suidelike Afrika en die geskiedenis van die Afrikaner en is in ‘n pragtige omgewing geleë.

Die Monument is in 1949 ingewy. Dit is ontwerp deur argitek Gerard Moerdijk. In die Heldessaal is die wêreld se langste historiese marmerfries. ‘n Tapisserie met meer as drie miljoen steke word in die Senotaafsaal gehuisves.

Die Monument is vandag die mees besoekte erfenisterrein van sy soort in Gauteng en een van die top tien kultuurhistoriese besienswaardighede in die land. Dit is ook die eerste Nasionale Erfenisgebied in Pretoria wat verklaar is. Die Monument bestuur ook die Bloedrivier Erfenisterrein.

NUUS ARGIEF

Neem ‘n Virtuele Toer van die Voortrekkermonument

Neem asb. ‘n oomblik gedurende die toer om ‘n klein donasie te skenk (blou inligtingspunte).

Teken by ons Nuusbrief aan

Video Galery

Die Voortrekkermonument

Kyk hierdie video vir ‘n kort inleiding tot die Voortrekkermonument en die uitstallings wat te sien is.

Kanon by die Voortrekkermonument

Sien hoe Kanon Susanna by Fort Schanskop, ‘n Anglo-Boereoorlog fort, afgevuur word. Hierdie kanon word elke eerste Vrydag van die maand stiptelik om 12:00 afgevuur

Gedenktuin

Besigtig ons Gedenktuin, ‘n plek van rus vir jou geliefdes.

Terrein & Fasiliteite Kaart

Ad
Ad
Ad
Ad